11 Februarie 1972
Druiweboere ontstoke: Uitvoerdruiweboere is bitter ontstoke en ontevrede oor die optrede van die sagtevrugteraad. Die goeie reën van verlede week en die warm weer het veroorsaak dat die druiwe vinniger ryp word. Dit het meegebring dat baie boere in die Paarlse distrik nie oor genoegsame kwotas vir hierdie week beskik nie. Boere moet twee maande voor die pakseisoen beramings maak van hul verwagte hoeveelhede en datums van versending.
Train hit truck: Two members of the Wellington Electricity Department had a narrow escape when the light truck in which they were, was hit at the weekend by a train a a level-crossing on the Paarl side of the town. The truck was wrecked and the men were hurled off and fell clear of the line.
Ysterdele in grond gevind: Fondamentwerk word aangepak op die perseel in Lady Greysrtaat waar die 12-verdieping-gebou van Boland Bank Beperk opgerig sal word. Daar word dieper en dieper gegrawe. Allerhande ou artikels word opgegrawe. Werksmense het afgekom op ou ysterdele wat in die verlede met die vervaardiging van waens en karre gebruik is, waskomme en outydse sodawaterbottels.
Wins car of R2 500: A boiler attendant at the Paarl Hospital, Mr Nico Roux, 36, was last night presented with a brand new Capri car valued at R2 500. Mr Roux won the car through paying instalments on a wireless set which he bought at the Paarl branch of a nation-wide firm (Russels). All he had paid was two monthly instalments of R7,50.
Generaal praat oor sport: Die atletiekkampioenskappe van die S.A Departement van Gevangenisse, is eergister deur genl. J.C Steyn, kommessaris van Gevangenisse, op die Victor Verster-sportterrein, Wemmershoek, geopen. Genl. Steun het in sy toespraak verklaar: In die eerste plek wil graag my waardering uitspreek vir die teenwoordigheid van mnre. Broberg sr., Dickie Broberg, die bekende Springbokatleet, Martin du Toit, Christie Slabbert en Bokkie Blaauw.




