Kaap Agri Akademie aanvaar nou aansoeke vir die 2023-Landbou-ontwikkelingsprogramme. Die akademie, wat in Porterville geleë is, bied AgriSETA- geakkrediteerde leerderskapprogramme aan met die doel om ’n bydrae te lewer tot die bemagtiging en transformasie van die Suid-Afrikaanse landbou.

Met hierdie hoëgehalte-opleidingsprogramme word nuwegeslagprodusente toegerus met vaardighede, kennis en ervaring wat nodig is om suksesvolle kommersiële produsente te word.

Programme
. NKR 2-leerderskapprogram in gemengde boerdery. NKR 3-leerderskapprogram in diereproduksie. NKR 3-leerderskapprogram in plantproduksie

Opleidingsformaat

Die opleiding word in ’n gemengde onderrigformaat aangebied, wat bestaan uit ’n kombinasie van aanlyn lesse, videogebaseerde onderrig, ’n induksiesessie, drie kontaksessies vir portefeuljes van bewys en ’n kontaksessie wat praktiese toepassingslesse insluit.

Kursusskedule

Die leerderskapprogramme begin in Maart en eindig in Oktober.

Soos in die tabel aangedui, sal suksesvolle kandidate vyf keer gedurende die verloop van die kursus tot vyf dae op ’n keer in Porterville moet deurbring.

Alle opleidingsmateriaal is in Engels, maar die klasse word in Engels en Afrikaans aangebied om deelnemers te akkommodeer.

Aansoekvereistes
. Aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees, en in die Wes- of Noord-Kaap woon.. Aansoekers moet toegang he^ tot hul eie rekenaar met ononderbroke toegang tot die internet.. Aansoekers moet in ’n boerdery betrokke wees, ’n gegradueerde van die akademie wees of iemand wat graad 12 behaal het en wat in ’n loopbaan in landbou belang stel. . Aansoekers moet al die sessies, wat by die Kaap Agri Akademie in Porterville aangebied word, sowel as aanlyn klasse, bywoon.

Kaap Agri dek al die koste verbonde aan die opleiding, asook vervoer, kos en verblyf vir die Porterville-komponent.

Sluitingsdatum

Die sluitingsdatum vir alle aansoeke is hierdie Sondag (15 Januarie). . Nog inligting is beskikbaar by www.kaapagri.co.za/academy.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article