’n Groep van 10 gewapende mans het Dinsdagmiddag na bewering die Wellington-tak van Clicks in die Hoofstraat beroof. Volgens raadslid Stephan Landsberg was dit slegs ’n rooftog en geen beserings is tydens die voorval aangemeld nie. “Die rooftog het om 14:45 plaasgevind. Die rowers het die winkel binnegeloop en eenvoudig hul wapens na die kassiere gerig, op soek na kontant. Hulle is glo weg met die geld,” het Landsberg gesê. Die Wellington-polisie was op die toneel en volg alle leidrade op.Foto: Facebook


10 Mans beroof Clicks in Wellington

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article