Danksy die eerbaarheid van Earl Grootboom (regs) van Tsitsimilk in Eersterivier, het Jaco du Preez (links) sy nuwe selfoon teruggevind ure na hy dit by Oudebosch-padstal verloor he. Volgens Du Preez het hy eers terug in Humansdorp agtergekom sy foon is weg. Hulle het na sy foon gebel, en Grootboom het geantwoord. “Grootboom het die foon in die parkeerarea van die padstal opgetel en in veilige bewaring gehou tot die eienaar bel,” sê ’n verligte Du Preez wat omgedraai het om die foon te gaan haal. Foto:VERSKAF


Werker besorg foon terug

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article