Die hoofuitvoerende beampte van die St Francis Links gholfbaan, Jeff Clause, en die gasvryheidsbestuurder, Pieter Germishuys staan voor die pas opgeknapte klubhuis. Dit bied 'n panoramiese uitsig oor die see en gholfbaan.
Die hoofuitvoerende beampte van die St Francis Links gholfbaan, Jeff Clause, en die gasvryheidsbestuurder, Pieter Germishuys staan voor die pas opgeknapte klubhuis. Dit bied ‘n panoramiese uitsig oor die see en gholfbaan. Credit: Veronica Fourie

Vakansiegangers in die Kouga area ken dit as dit mekka van branderplankry, lieflike strande en ‘n wye keuse van restourante.

Maar sportliefhebbers kan van die beste sportgeriewe hier geniet.

By die St Francis Links gholfbaan word groot kampioenskappe gespeel waar internasionale spelers graag deelneem .

Die baan is hoog aangeslaan en uitmuntend versorg.

Die uitsig van die baan af is in alle rigtings asmerowend.

Daar is ook gewilde piekniekplekke waar lede die sonsopkoms of sonsondergang kan bewonder.

Orals verras diere soos bokkies en skilpaaie die spelers.

“The Links is beyond gholf,” sê die hoofuitvoerende beampte Jeff Clause.

Hy wys trots na die pragtige huise om die baan en verduidelik wat ‘n goeie belegging dit is vir veral jong families met kinders.

In die villa kan wooneenhede gehuur word.

Daar is spesiale geriewe vir inwoners.

Die afstandbeheerde koepel oor die swembad hou die water teen ‘n aangename temperatuur.

Die klubhuis is pas opgradeer en die grasdak vervang.

Dit gee van binne steeds die gevoel van ‘n grasdak.

Die vriendelike gasvryheidsbestuurder, Pieter Germishuys en sy uithaler span bederf gaste met prentjiemooi versnaperinge en etes.

Die klubhuis kan verskillende lokale inrig vir geleenthede soos troues en konferensies.

River Club het moderne geriewe

Sommer ‘n klipgooi van die spoggerige gholfbaan, is die River Club.

Hierdie geriewe is van hoë standard waar kampioene sake kan uitspook.

Die padel bane van wêreldgehalte is byna heeltyd vol bespreek.

Daar word selfs waterpolo in die reuse swembad gespeel.

Die gimnasium is van top gehalte, en so ook die ‘spinning’ lokaal met ‘n klomp oefenfietse.

Daar word ook Pilates en aerobiese oefeninge aangebied.

Dan is daar nog al die professionele hulp wat sportmense kan benodig: van ‘n biokinetikus en fisioterapeut.

Daar is ook suurstof herstelgerief.

Die pickle ball bane is reeds gebou. Mense kan ook die sauna en die ysbad benut

Die algemene bestuurder, Russel Sadler, wys trots die gedeelte met slaapplek vir dertig mense.

“Die idee is dat sportspanne hier kom oefen vir ‘n paar dae en sommer hier bly. Hier is ‘n winkel en restaurant en al die geriewe wat nodig is om fiks te word.”

Binnekort sal daar ook troues en ander geleenthede aangebied kan word.

Vir minder aktiewes, kan die gerieflike bootvaarte op die kanale by St Francisbaai geniet word.

Dit neem besoekers op ‘n aangename besigtigingsroete, verby al die spoghuise.

Vir meer inligting, kontak die toerisme kantoor by 042 294 0076.

Die algemene bestuurder van die River Club met sy wêreldklas sportgeriewe, spog hier met die ysbad, wat deesdae baie gewild is.
Die algemene bestuurder van die River Club met sy wêreldklas sportgeriewe, spog hier met die ysbad, wat deesdae baie gewild is. Credit: Veronica Fourie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article