Moedersdag is ’n dag wat regoor die wêreld en deur verskillende kulture gevier word.

Uyathandwa Yeye.
Anya Young.
Prince Latile.
Franco Cilliers.
Marcel Geldenhuys.
Mila Young.

Alhoewel dit reeds in antieke tye deur die Grieke en Romeine gedu-rende feeste gevier is, is die oorsprong van Moedersdag soos wat ons dit vandag ken, te danke aan die Amerikaanse kampvegter vir vroue, Anna Jarvis. Jarvis het na haar eie ma se dood in 1905 ’n veldtog begin om moeders te vereer vir die belangrike rol wat hulle in ons samelewing speel.

Moedersdag is vandag nog een van die groot vieringe op ons kalender elke jaar. Joané Azenha het vir ’n paar kinders gaan vra wat Moedersdag vir hulle beteken en waarom hulle ma’s so spesiaal is.

  • Uyathandwa Yeye (graad 9, GLA): Moedersdag is belangrik omdat ma’s die hele jaar lank vir ons sorg. Dit is die een dag waarop ons vir hulle kan dankie sê daarvoor.
  • Anya Young (graad 4, Oakridge Academy): Dit beteken om dankie te sê vir my ma en net vir haar lief te wees.
  • Prince Latile (graad 5, Victory Christian School): Ma’s help ons met dinge wat moeilik is soos huiswerk.
  • Franco Cilliers (graad 5, Victory Christian School): My ma doen baie dinge vir ons en maak altyd vir ons kos waarvan ons hou.
  • Marcel Geldenhuys (graad 2, Oakridge Academy): Ons vier Moedersdag, want my mamma is vir my baie spesiaal.
  • Mila Young (graad 4, Oakridge Academy): Dit is amper soos al die mammas se verjaarsdag op dieselfde dag. Dit is ’n baie spesiale dag vir hulle.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article