Ek hoor die storie van ’n jong vrou wat vir die eerste keer moes gaan vir ’n ginekologiese ondersoek. Sy was so skaam dat sy haar sonbril gedurende die ondersoek opgehou het.
Om ’n ginekoloog of huisdokter te besoek vir ’n papsmeer of borsondersoek, is vir die meeste vroue nie aangenaam nie. Baie voel bang, skaam, gespanne, onseker en selfs uitgelewer.
En tog is dit een van die belangrikste afsprake wat ’n vrou kan maak! Nie net wanneer daar probleme is nie, maar om dit te voorkom, of betyds vas te vat. Vroue is wonderlik geskape, met die besondere vermoë om geboorte te kan skenk. Soms kom daar fout en dan is kundige hulp noodsaaklik.
Hormone is nou eenmaal die aspek wat gereeld vroue se lewens bemoei-lik. As dit nie ongereelde menstruasie en knoppe is nie, is dit warm gloede, massa toename of buierigheid. Vir alles is daar hulp as dit betyds behandel word. Elke vrou wat al vir ’n mammogram was, weet hoe ongemaklik dit is. Tog meen talle medici dat vroue in meer as negentig persent van die tyd sélf knoppe in hulle borste opspoor.
Nou, tydens Augustus wat ook Vrouemaand is, bied ’n apteek-kettinggroep (Dischem) ’n spesiale diens aan as deel van ’n veldtog om vrouegesondheid te bevorder. Hier doen professionele verpleegkundiges ’n papsmeer en borsondersoek.
“Ons spoor dikwels vroegtydig probleme op. Ons dien ook die Human Papiloma Virus inenting toe wat servikale kanker voorkom,” sê suster Ria Rudolph. Sy doen die borsondersoek op ’n besondere manier: met ’n infrarooi borslig. Dis ongeveer die grootte van ’n kleinerige flits wat om die bors beweeg word. Dit maak die weefsel soort van deurskynend en al die are is duidelik sigbaar. In- dien daar fout is sal dit duidelik ’n swart merk wys.
Dié apparaat is ook te koop by die apteek vir selfondersoek. “Dit neem beslis nie die plek van ’n mammogram nie, maar is ’n goeie siftings-proses,” sê Rudolph.
Vriend Cronjé Beukes sê hy waar-deer sy vrou se stiptelikheid om na haar vrouegesondheid om te sien. “Dis verntwoordelik, net soos dit ook die geval vir mans is,” sê hy.
“Ons moedig vroue aan om ’n af- spraak te maak vir die ondersoeke, of om selfs net op te daag,” verduidelik Rudolph. Laat staan gerus die sonbril . . . só ’n gereelde ondersoek gee baie gemoedsrus.




