’n Vrou wat werk in Ocean View moes gaan doen, is die afgelope Dinsdag in die informele dorpsgebied deur ’n gewapende man van haar persoonlike besittings beroof.

Nicolize Pretorius Muller is onverwags aangeval terwyl sy in dié gebied besig was.

Die man het twee keer gedreig om haar met ’n mes te steek en het einde-lik met haar rekenaar, selfoon, bankkaarte, geld en haar en haar man se ID-dokumente weggekom.

Sy het ook ’n rugsak by haar gehad.

Sy vra as enige lid van die publiek of tweedehandse winkels met van die artikels genader word, hulle onverwyld met haar moet skakel.

Behalwe die bankkaarte en ID-dokumente, is die identifiseerbare eiendom wat gesteel is, ’n grys Lenova skootrekenaar, ’n goudkleurige Huawei Mate 10 en haar swart rugsak.

Skakel Muller by 073 249 7497, of skakel die Jeffreysbaai polisiekantoor by 042 200 6800.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article