Die bestuur van die Vriende van dieBiblioteek vanjaar is, van links, Roy Bruwer, Joey Bruwer, Alet Terblanche, Paul Sieberhagen en Sheila Schwindt.

Foto: Verskaf

Die goeie nuus vir boekwurms is dat die Vriende van die Biblioteek /Friends of the Library op Jeffreysbaai se bedrywighede nou weer in volle swang is.

Daar is ’n groot hoeveelheid interessante en lekker leesbare boeke in Afrikaans en Engels beskikbaar. Daar is ook ’n groot verskeidenheid tydskrifte, CD’s en DVD’s.

Die Vriende van die Biblioteek sorg al sedert Maart 1999 vir leesgenot. Alle fondse wat uit boekverkope verkry word, word gebruik om nuwe boeke vir die Jeffreysbaai Biblioteek aan te koop.

Sedert die ontstaan is reeds meer as R400 000 se boeke vir die biblioteek aangekoop.

Besoek dit gerus aan die kerk se kant van die Newtonsaal in Goedehoopstraat. Die tye is van 09:00 tot 12:00 elke Vrydag en Saterdag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article