Tydens die eerste week van die skoolvakansie het 40 hoërskool-leerders as lede van die Oos- en Noord-Kaapse Voortrekkers op Eersterivierstrand bymekaargekom vir die jaarlikse avontuurkamp.
Hierdie kamp word reeds vyf jaar lank aangebied en jeuglede word elke jaar verskillende vaardighede geleer wat deur ervare fasiliteerders aangebied word.
Vanjaar het hulle ook die voorreg gehad om duskant Kareedouw, onder die bekwame leiding van Hercules en Anieka van Huyssteen van Moria Horseriding, die Ruiterkuns spesialisasie aan te pak.
Die vereistes om hierdie spesialisasie te verwerf was moeilik, maar met twee uitstekende fasiliteerders soos die Van Huyssteens was elke jeuglid volledig toegerus om die uur-lange rit in die mooi natuur mee te maak.
Vir meer inligting oor hoe om die asemrowende Baviaans te perd te sien, kontak vir Hercules op 082 925 9301.
Hulle bied kort roetes vir beginners tot 7-dae roetes vir ervare ruiters.
– UITGEREIK DEUR VOORTREKKERS: OOS-KAAP




