’n Brand het groot skade aangerig by die Kouga Kultuursentrum op Humansdorp.

Die vervalle Kouga Kultuursentrum op Humansdorp is Dinsdag gedeeltelik deur ’n brand in puin gelê.

Humansdorp se brandweer is omstreeks 05:15 in kennis gestel dat daar ’n brand in die Kouga Kultuursentrum uitgebreek het.

Volgens die Kouga Munisipaliteit is die brand tot die een kant van die gebou beperk, en die grasdak van die gebou is heeltemal uitgebrand.

Die Kouga Kultuursentrum destyds toe dit nog vir besoekers oop was. Foto: ARGIEF

Niemand is beseer in die brand wat teen 13:00 heeltemal geblus was.

Die Kouga Express het onlangs berig oor die gebou se vervalle toestand. Hierdie eens spoggebou, wat in 2002 opgerig is, staan al vir etlike jare toe en het erg deurgeloop onder vandalisme. Dit was ook duidelik dat die gebou saans deur informele bewoners beset word.

Kouga Uitvoerende Burgemeester Horatio Hendricks het gesê, “Die brand was veroorsaak deur ’n klein vuur wat deur haweloses in die gebou gemaak is teen die koue.”

’n Noodwerker op die toneel het gesê, “Toe ons omtrent halfses daar aankom het daar nog mense uitgehardloop met sponsmatrasse. Dit was vreeslik om te sien.”

Die Jeffreysbaai- en St. Francisbaai-brandweereenhede is ingeroep om te help om die vlamme te blus.

Daar is nie meer elektrisiteit in die gebou nie, en die feit daar dat daar geen deure en vensters is nie het die brand aangehelp deur dit te met suurstof te voed.

Kouga Munisipaliteit kon teen druktyd nog nie die omvang van die skade bepaal nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article