Op die foto is van links Soria Swart, Kornelia von Broembsen, Zuanda Badenhorst, Sonja Burger en Martie Kritzinger.

Foto: Verskaf

‘n Groep vroue van Jeffreysbaai, die Verf Feetjies, maak al meer as tien jaar lank seker dat die bushuisie in Da Gamaweg altyd spiekeries is.

Vanjaar het kunstenaar Zuanda Badenhorst ’n paar visse bygevoeg om die huisie nog vroliker te maak.

Die munisipaliteit het gehelp om rondom skoon te maak waar leeglêers hulle soms tuismaak.

Soria Swart sê dis noodsaaklik dat sulke projekte onderhou moet word en nie gelaat word om te verval nie.

Hulle sal graag wil sien dat dorpenaars hand uit die mou steek om sonder vergoeding hulle omgewing te verfraai.

Die kleurvolle paaltjies in die middedorp sal binnekort weer opgetof word.

Die verf is geskenk deur Edna Serfontein van Koukamma Eiendomme, en Andrew Stevenson van Untimate Paint. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article