Huizemark het verskeie toekennings in 2022 gewen.

Foto: Verskaf

Huizemark se jaarlikse nasionale konferensie het in Oktober plaasgevind, waartydens die landwye toekennings aan die top presteerders in die Huizemark konsessiegroep gemaak is.

Huizemark Jeffreysbaai is vereer met ’n totaal van vyf toekennings:

Chenel Strydom het toekennings ontvang vir “Top Verkoopsagent met die Hoogste Hoeveelheid Eenhede verkoop” (mikrotak) asook “Vyfde plek landwyd vir Hoogte Kommissie Verdienste”.

Huizemark Jeffreysbaai tak was op nasionale vlak bekroon as “Franchise of the Year 2022”. Hulle is ook vereer in die kategorie: “Mikrotak met die Hoogste Kommissie Verdienste” asook “Mikrotak met die Hoogste Aantal Eenhede Verkoop”.

Wanda Hayes, prinsipaal van Huizemark Jeffeysbaai, is trots op haar span. Die lede van Huizemark Jeffeysbaai, sluit in: Ben Jordaan, John Kirstein, Ilse Riley, Matty du Toit, Thea van Wyk, Theona Prinsloo, Werner Ludeman, Robbie Hayes, Leoni Beukes, Elsabe van der Merwe, Wanda Hayes, Chenel Strydom, Erika Ferreira, Jeanette Jansen van Vuuren, Donre Hayes en Christelle Strydom.

UITGEREIK: HUIZEMARK

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article