MIA van Daalen, ’n finansiele adviseur by die Old Mutual PFA tak in Jeffreysbaai, het onlangs ’n teken-kompetisie geloods met behulp van Old Mutual by die Laerskool Jeffreysbaai.
Die tema was “wat wil ek word as ek groot is”, en die kinders moes dit teken so kreatief moontlik. Dit was net geloods vir graad R, 1, 2 en 3, en daar was drie wenners per graad wat onafhanklik gekies was deur twee beoordelaars buite Old Mutual en buite die Laerskool Jeffreysbaai.
Die borge vir die wenners was Toy Magic in Fountains Mall, en ook Fountains Mall self wat geskenkbewyse geborg het. Elke deelnemer het ook ’n klein geskenkie gekry wat deur Old Mutual gestuur was.
“Die kinders was vreeslik opgewonde en bly toe hulle ’n geskenkie kry, en ek sal ook graag baie dankie wil sê vir die borge asook die hulp van die Laerskool Jeffreysbaai se onderwyseresse en veral die kantoorpersoneel,” het Van Daalen gesê.
Die wenners was as volg:
Graad R:
1ste Plek – Francois Lotter
2 de Plek – Martin Nel
3de Plek – Amelie Roodman
Graad 1:
1ste Plek – Danel Wessels
2 de Plek – Keagan Mellet
3de Plek – Andrew Stevenson
Graad 2:
1ste Plek – Karla Deschamps
2 de Plek – Luan Botha
3de Plek – Niali Hough
Graad 3:
1ste Plek – Rheinhard Olivier
2 de Plek – Adel Pieterse
3de Plek – Lieschke Weideman





