Met die Jbay Technical College se onlangse “Alles wat dryf” kompetisie, het die studente teen mekaar meegeding en groot pret gehad.
Hulle moes as aspirant ingenieurs vlotte bou van rommel en herwinbare materiaal.
Hierdie kompetisie is daarop gemik om die studente te laat dink en beplan. Die vlotte moet lig genoeg wees en kan dryf, maar moet die gewig van twee persone kan dra.
Die roeispane moet gemaklik hanteer en ook van herwinbare materiaal gemaak word.
Tydhouers neem die verskillende spanne se tyd deur die hindernisbaan by Wacky Water Park, waar die kompetisie al jaarliks vanaf 2020 gehou word.
Volgens die tye moet die spanne wegspring en ’n uitgemerkte baan roei en die span wat met die beste tyd eindig, is die wenners.
Na die kompetisie is lekker gebraai en nou ken al die nuwe studente mekaar sowel as die res van die span by Jbay Technical College.





