Vis
Marius en Lola Luiters. Fotos: VERSKAF

MARIUS en Lola Luiters, is tans die tweede generasie eienaars van Die Vismandjie. Marius se ouers, Ray en Emelia Luiters, het die wegneem vis-en–tjips winkel in 1983 begin en het in 1989 geskuif na die perseel waar hulle vandag steeds is. Die wenresep van hul heerlike gebraaide vis bly vandag nog grootliks onveranderd.

In 1991 het Lola en Marius die be- stuur van die winkel by hul ouers oorgeneem en teen die ouerpaar se af trede in 1998 was hulle al goed gekonfyt in die bedryf en het hulle die besigheid heeltemal oorgeneem soos wat hy vandag nog is.

Soos enige suksesvolle besigheid betaam, is groei en vooruitgang noodsaaklik en in 2006 het Deon en Marina Els by hulle aangesluit as vennote en in 2015 die restaurant, Gisters, begin wat vandag amper sinoniem is met Die Vismandjie.

Die Luiters familie het in Oktober van dieselfde jaar Gisters oorgeneem met die uittrede van die Else, en het dit ’n oormaaksessie gegee en omskep in die heerlike koffiewinkel wat vandag daar staan.

Die naam Gisters verwys na die outydse atmosfeer wat die koffiewinkel bied. Die houttoonbank herinner jou aan die dae toe ’n mens nog in ’n kafee kon instap en met jou vinger vir die tannie agter die toonbank wys watter lekkergoed jy wou koop met jou eensentstuk.

Vandag is dit ’n plek waar oud en jonk kan sit vir ’n heerlike koppie koffie en om rond te snuffel tussen die unieke geskenke wat daar te koop is.

Ingelegde vrugte, konfyte, kera- miekware, babageskenke, trou- geskenke en soveel meer word daar ten toon gestel. Die verskeidenheid produkte, wat als tog perfek byme- kaar pas, is opvallend uniek.

Vis
Die onmiskenbare goue deeglagie van die gebraaide vis en régte slaptjips.

Die Vismandjie is natuurlik dié plek vir vis en tjips in die dorp, en jy sal voorwaar hard moet soek om beter te kry. Die onmiskenbare goue deeg-lagie van daardie gebraaide vis en régte slaptjips – met ’n suurlemoenwiggie nes my ouma dit jare gelede gemaak het as oupa van die viswaters af kom – is verseker iets om na uit te sien.

Vars vis en ’n tradisionele familie-resep is volgens Lola die groot geheim tot hul heerlike seekos. Sy vertel ook dat vakansiegangers jaar na jaar terugkeer om hulle te ondersteun, maar dis die plaaslike gemeenskap wat hulle deur die jaar dra. Hulle is baie dankbaar vir die wonderlike klandisie wat hulle daagliks onder-steun – sommige van die gereelde ge-sigte word amper soos familie.

Saam met die Vismandjie en Gisters, vorm Die Kospot die finale been van hierdie unieke trio. Die Kospot verkoop tradisionele boerekos – alles heerlik, wat proe net soos huis. Geen wonder mense staan smiddae tou om hierdie lekkertes te bekom nie. Kerrie-hoender, beesbredie, bruin gebraaide aartappels, soetpampoen en –wortels, ’n verskeidenheid poedings – dit is genoeg om enige volbloed Suid-Afrikaner se mond te laat water.

Op ’n reënerige dag kan jy outydse groentesop met vars roosterkoeke daar koop om die koue van binne te ver-dryf. Tannie Emilia is steeds agter die toonbank te siene – sy help eintlik net uit – en haar gasvryheid en trots op wat hulle daar bereik het, is tasbaar en aansteeklik.

Na ’n paar minute kom ’n yslike enamelskottel om die hoek, tot oorlopens vol goudbruin vetkoeke. Hulle knie nog die deeg met die hand, dit proe darem net anders, vertel die tannie.

Jeffreysbaai sou nie dieselfde wees sonder hierdie restaurante nie. Gelukkig is die derde generasie Luiters tans besig om die besigheid by sy ouers te leer. Marlo Luiters kan deesdae saam met ouers en ouma by die Vismandjie gesien word – goeie nuus vir die inwoners van Jeffreysbaai wat op die voortbestaan van die Vismandjie staat maak.

Marlo vertel, “Omdat ons soms snoek verkoop wanneer ons dit in die hande kan kry, wil mense altyd by ons weet hoe om dit gaar te maak. Hier is die resep vir heerlike gebraaide snoek wat ons altyd met ons klante deel.”

Lekker braai-snoek

Bestanddele:

’n Vars snoek

Plaasbotter

Appelkooskonfyt

Fyn Knoffel

Sout

Peper

Vars suurlemoensap

Metode:

  • Smelt die botter en voeg die res van die bestanddele by en roer. Bestrooi die snoek met sout en peper na smaak.
  • Verf gesmelte sous mildelik oor oopgevloekte snoek en pak vars suurlemoenskywe bo-op die snoek.
  • Plaas snoek met velkant na onder, op bottergeverfde tinfoelie in toeknyprooster en plaas oor vuurwarm kole.
  • Sodra die snoek wit raak aan die bo-kant, draai dit om en braai tot goudbruin.
  • Bedien met basmatirys en mengelslaai.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article