Soek, vind, neem ’n foto en wen een van drie spoggerige Casio-horlosies geborg deur Gabriël Juweliers. Foto:VERSKAF


SOEK, vind, neem ’n foto en wen een van drie spoggerige Casio-horlosies geborg deur Gabriël Juweliers by Fountains Mall in Jeffreysbaai.

Hoewel die stemlyne vir Kwêla se Dorp van die Jaar reeds gesluit het, het inwoners nog tot Sondag, 17 Junie tyd om met hul stemme te wen.

Om te wen, vind die geel bus met die pienk Dorp van die Jaar-handelsmerk, en neem ’n foto van jouself voor die bus.

Laai die foto, met ’n skermgreep van jou stemme vir Jeffreysbaai as Kwêla se Dorp van die Jaar op die Kouga Besigheidsforum se Facebook-blad – Kouga Business Forum.

Dorp van die Jaar

Die Dorp van die Jaar komitee in Jeffreysbaai nooi alle inwoners om vanaf 17:00 by Jolly Dolphin bymekaar te kom vir die aankondiging van Kwêla se Dorp van die Jaar.

Die wendorp word op Sondag, 17 Junie om 18:00 op kykNET (kanaal 144) aangekondig.

Die dorp met die meeste stemme wen R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET en Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, wat ’n 45 sekonde-advertensie oor die dorp sal maak. Die reklamegreep sal gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai word.

Daar sal ’n groot KIA Dorp van die Jaar-makietie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar gebeeldsend word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article