JEFFREYSBAAI is alombekend as ’n kreatiewe mekka met skrywers, digters en kunstenaars om elke hoek en draai.
Daar word eersdaags ’n geleent-heid geskep vir ontwikkeling van plaaslike skryftalent,wat nie misgeloop moet word nie.
Op 11 Maart tot 13 Maart kom groot name hul kennis en ondervinding as skrywers, met die inwoners van Jeffreysbaai en die omliggende omgewing, deel.
Die kursus word vir hoërskool-leerders, enige skryf-entoesiaste en belangstellendes aangebied.
Die feit dat daar weinig geleent-hede op die platteland is vir die ont-wikkeling van plaaslike talent, is ongelukkig ’n realiteit.
Dus het Global Leadership Academy besluit om hierdie kwessie in eie hande te neem en ’n geleentheid te skep wat nie net hulle eie leerders nie, maar die hele Kouga se skrywers, sal bevoordeel. Die skryfskool word by die Marina Martinique saal aangebied.
Hierdie unieke skryfkursus word deur bekendes aangebied wat jare se ondervinding in hul onderskeie genres het.
Bekendes soos Lucinda Neethling, Mel Botes, Lucia Prinsloo en Phillip Henn sal op hierdie prestige–geleentheid hul kennis en ondervinding by die skryfskool deel.
Die kursus sluit sessies in oor digkuns, liedjieskryf, romanskryf en draaiboekskryf.
As gevolg van streng COVID–19– protokol wat gevolg word, is plekke beperk, dus moet kaartjies so gou moontlik bespreek word.
Vir meer inligting en besprekings kontak nadia@gla-jbay.org




