Foto ter illustrasie.

Foto: PixelCatchers/Getty Images

Daar is ’n groot nood aan skoolklere, skoolboeke en skryfbehoeftes, en ander klere in gemeenskappe wat deur storms, vloede en brande getref is.

Die DA Vroue Netwerk beywer hulle om die mense by te staan waar dit nodig mag wees. Hulle sal ook beddegoed, kombuisgoed, linne, beddens en ander huishoudelike ware verwelkom.

Hulle het ’n ramp-kamer op die been gebring, en is oordeelkundig by die uitdeel van goedere waar dit broodnodig is, sodat dit na verdienstelike mense gaan.

Terwyl daar dalk nou kaste reggepak word en uitgegooi word, kan skenkings gedoen word deur Corine van Dyk te bel by 082 922 2260.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article