Dit was vanjaar die derde keer dat die Seniorburger-koor op Jeffreysbaai opgetree het. Altesaam 159 lede van verskillende dorpe het aan die massa-koor deelge-neem. Hulle het gekom van Jeffreysbaai, Gqeberha, Burgersdorp, Oos-Londen, Graaff-Reinet, Steytlerville, Despatch, Makhanda, George, Adelaide, Bedford, Kenton-on-Sea, Boesmansrivier en Nxuba. Die lede oefen die musiek op hulle dorpe, en kom sing dan saam in die massakoor. Die sangfees se tema was vanjaar ‘diere plesiere’. Die koor het ’n verskeidenheid bekende liedjies gesing en die gehoor kon hartlik saamsing. Liedjies oor sowat 25 diere was deel van die program. Van ’n kat, muis en seemeeu, tot die arend, hoender en perd. En natuurlik ook ’n lied oor die Springbokke. ’n Span van die televisieprogram ‘Met ’n huppel in die stap’ het ’n opname gemaak wat voorlopig in November uitgesaai sal word op KykNet. Op die foto: Terwyl Frikkie MacDonald die krismiswurm kielie, het die twee katte, Gaye le Roux en Elmari Meyer die gehoor vermaak met die Katteduet. foto: Veronica Fourie


Seniorburger-sangfees besing vanjaar diere

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article