DIE Rotariërs van Jeffreysbaai hou ’n gholfdag op 2 Junie by die Hankey Gholfklub ten bate van die Jeffreysbaai Traumasentrum en ander projekte.

Groot pryse is op die spel: elf pryse vir die top 11-vierballe, drie pryse vir dames, ’n prys vir die junior-speler, en ’n prys vir die langste dryf.

Die speler met die mees akkurate dryf, wen ’n naweek weg by die Sandals Guest House.

Die speler met die swakste dryf, stap ook nie met leë hande weg nie.

Daar sal twee watergate wees.

Die koste is R200 per speler.

Vir meer inligting oor die gholfdag, geborg deur Polipharm Apteek, skakel Louis van Dyk by 084 433 8161. Om ’n rondte te bespreek, skakel Hankey Gholfklub by 042 284 0335.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article