BEJAARDE Pellsrus-inwo-ners vra om hulp van die Kouga-munisipaliteit na ri-ool-skade van duisende Rand – reeds vyf maande terug.

Maar al hul pleitdooie val glo op dowe ore.

Eienaar Cornelius Kock (71) sê: “Honderde liters rou riool het op 14 Mei opgestoot, na die munisipaliteit die rioolpype in die gebied kom skoonspuit het, en oor die toilet begin stroom – die eerste keer in 10 jaar.

“My vrou, Sarie (68), wat alleen by die huis was, het alles probeer om die gemors te keer, maar dit was tervegeefs. Binne minute was die rioolwater regdeur die een vertrek – nagenoeg 40cm hoog.

“Gelukkig het dit nie na die res van die huis oorgeloop nie.”

Volgens Cornelius, moes Sarie al dié rioolwater met ’n emmer uitskep. “Haar bors gee tot vandag toe nog moeilikheid.”

Duisende rande se skade is aangerig: waterskade teen die mure, teëls het opgelig, meubels en beddegoed is beskadig, en klere en skoene moet vervang word.

“Ons het dieselfde dag die pro-bleem onder die plaaslike munisipaliteit se aandag gebring.

“Behalwe vir ontsmettingsmiddels meer as ’n maand later, het hulle ons nog geen vergoeding aangebied of besoek nie.

“Ons kan dit nie hier laat nie, ons móét vir die skade vergoed word.”

Gemeenskapsdienste portefeulje raadslid, Daniel Benson, sê: “Ons is baie jammer om van Cornelius se lot te hoor.

“Sy aanvanklike eis is deur die munisipaliteit se versekeringsmaatskappy verwerp omdat sy huis nie die vereiste oorloop-verligting-sluis in plek gehad het nie – soos volgens die goedgekeurde bouplan.

“Indien die sluis in plek was, sou die riool nie in die huis opgestoot het nie.

“Daar is egter ander faktore wat ook in ag geneem moet word en ons sal die betrokke beamptes opdrag gee om die saak weer te ondersoek.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article