VIR ou Jeffreysbaaiers en vakansiegangers is De Viswijf ’n be-kende gesig, maar deesdae is daar baie interessante verwikkelinge op sosiale media te sien, wat daarop gemik is om die plaaslike gemeenskap te bedien.
Nadine Klemp is ’n boorling van Jeffreysbaai en het aan die Hoërskool Nico Malan gematrikuleer.
Ná skool het sy vir Fred in die Vrystaat ontmoet en die paartjie het vir jare in die korporatiewe wêreld gewerk, met Jeffreysbaai as hulle gunsteling vakansieplek en De Viswijf as gunsteling restaurant op die dorp.
’n Skertsende gesprek met die vorige eienaars oor die oorneem van die restaurant, het vier jaar gelede ’n realiteit geword, toe Fred en Nadine besluit het om die sakewêreld te verruil vir die rustigheid van die kusdorp.
Met Fred se besigheidsin en Nadine se liefde vir spyseniering was dit nie lank voor hierdie altyd-gewilde restaurant onder hulle hande begin floreer het nie.
Jeffreysbaai is vir baie landsburgers ’n gunsteling vakansie-bestemming, maar vir diegene wat permanent hier woon, is daar soms min vermaak en aanbiedinge om aan deel te neem. Seisoenale inkomste is tog die inspuiting wat baie besighede deur die jaar aan die gang hou.
Ten spyte hiervan, het Fred en Nadine tog besluit dat hulle graag iets meer vir die gemeenskap wil bied.
Volgens hulle, is die restaurant soos hul huis en as jy daar aansit vir ete, moet jy voel asof jy by hulle aan tafel is. Vandaar die idee om deur die week en buite seisoen ook vir die plaaslike gemeenskap spesiale aanbiedinge te hou, asook die nuwe en gewilde “Barbecue Sunday”, wat as ’n alternatief beskou word vir die tradisionele kookkos wat op ’n Sondag op baie plekke te koop is.
Met die instelling van inperkingsmaatreëls en rampbeheerwette, moes hulle, soos baie restaurante, ook ’n wegneemdiens begin.
Alhoewel streng higiëne en alle COVID-19 maatreëls in die restaurant gevolg word, verstaan hulle dat daar mense in die gemeenskap is wat verkies om nie blootgestel te word nie.
Bestellings en afhaal van weg-neemetes kan by De Viswijf gedoen word en hulle afleweringsdiens is ook steeds van krag.
Volgens Fred wil mense altyd by hulle weet watter tipe disse hulle self by die huis geniet, omdat hulle toegang tot bykans enige tipe kos in die restaurant het.
Om daardie vraag volledig te beantwoord het hulle het ’n resep aan Kouga Express verskaf om met lesers te deel. Sien die resep hieronder.
“Butter Chicken Curry” (The way I like it).
Serves 4
Ingredients
Curry:
3 tablespoons of vegetable oil
6 chicken breasts, cut into bite size pieces and seasoned
1 tablespoon mustard seeds
1 large onion, finely chopped
1 tablespoon finely chopped fresh ginger
1 tablespoon garlic, crushed
½ teaspoon garam masala
1 teaspoon ground cumin
1 teaspoon ground coriander
½ teaspoon chili powder
Pinch of sugar
Salt and Pepper
3 cardamon pods, toasted and seeds ground
400g large juicy tomatoes, peeled and grated
2 tablespoons tomato paste
½ cup chicken stock
1 cup fresh cream
100g cold butter, cut into small pieces
Garnish:
Fresh coriander
4 tablespoons cashew nuts, lightly toasted and chopped
Method
- Heat 2 tablespoons of vegetable oil in a saucepan, and gently sauté the chicken pieces in batches till half cooked. Remove with a slotted spoon and set aside till later.
- Add remaining vegetable oil to the saucepan and heat, now add the mustard seeds and fry for a few minutes so that they pop.
- Add the onion, ginger and garlic and cook for a few minutes till fragrant. Stir in the garam masala, cumin, coriander and chili powder – do not let the spices burn! Add a little more vegetable oil and cook for a few minutes.
- Now add the sugar, salt, pepper, cardamom, tomatoes, tomato paste and chicken stock. Bring to the boil and cook till the sauce has become fragrant.
- Pour the sauce into a food processor and blend till smooth.
- Return to the saucepan and add the cream. Bring the sauce to a simmer, adjust the seasoning, and return the chicken to the pot. Warm through.
- Just before you are ready to serve, stir in the chopped butter a few pieces at a time. Spoon the butter chicken into a bowl, and garnish with coriander and chopped cashew nuts.
- Serve with steaming hot basmati rice.



