DIE Jeffreysbaai Alzheimer-ondersteuningsgroep bied op Donderdag, 8 November ’n inligtingsessie ter ondersteuning van Wêreld Al-zheimerd-ag aan.

’n Demensie-kenner sal praat oor hoe om effektief te kommunikeer met ’n persoon met demensie, asook begrip vir hul gedrag en emosies, beveiliging van die huis, stimulasie en selfsorg vir die versorger.

Die geleentheid, aangebied in samewerking met Alzheimer Oos-Kaap, vind by die NG Kerkkompleks op die hoek van Olienhoutstraat en Torchwoodlaan in Wavecrest, Jeffreysbaai vanaf 08:30 tot 12:30 plaas.

Toegang is gratis. ’n Donasie van R30 is welkom.

Belangstellendes moet teen 1 November hul bywoning bevestig.

Vir meer inligting, skakel Marietjie Boonzaaier by 084 409 3119 of stuur ’n epos na cobus.boonzaaier@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article