Lonel Coetzer (regs) het Pellsrus se naam hoog gehou. Foto: Verskaf
Lonel Coetzer (regs) het Pellsrus se naam hoog gehou. Foto: Verskaf

JEFFREYSBAAI – Atlete van die Laerskool Pellsrus op Jeffreysbaai het ‘n allemintige 24 medaljes gewen by die afgelope naweek se skolebyeenkoms op die Westbourne Oval in Gqeberha.

Al vier die skool se aflosspanne het medaljes huis toe gebring, asook agt individuele medaljes. Hulle het onteenseglik gewys dat die gehalte van atletiek in die Kouga-streek kerngesond is.

Pellsrus se atlete het groot talent gewys.
Pellsrus se atlete het groot talent gewys. ‘n Groot aantal toeskouers het die lewensredding-kompetisie bygewoon. Foto: Verskaf

Vir die atletiekorganiseerder, Marina de Wet, het sukses nie oornag gekom nie.

“Ons atlete het deur die Desember-vakansie konstant en gereeld geoefen onder Victoria Hammond.

“Ons salueer die atlete se bereidwilligheid om hulle vakansietyd op te offer om vir die atletiekseisoen voor te berei. “Hulle prestasies is maar net nog ‘n bewys dat harde werk beloon word,” sê sy.

Daar word nou op die amptelike uitslae gewag om te sien watter Pellsrus-atlete na die volgende ronde deurdring. Pellsrus het tot dusver ‘n uitstekende atletiekseisoen.

Einde verlede maand het 95 van sy atlete aan die Humansdorp se sonebyeenkoms deelgeneem.

Daar het 22 van hulle vir die Kouga-sone gekwalifiseer.

Die atlete word ook aan taai oefensessies op die strand onderwerp. “Oefeninge op sand verbeter ‘n atleet se krag en uithouvermoë,” sê De Wet.

  • Intussen het Lionel Coetzer en Christiano Falkner die afgelope naweek die Jeffreysbaai-lewensreddingspan die eerste keer verteenwoordig en hulle goed van hulle taak gekwyt.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article