AS jy die naam Ozzie’s noem, dan dink mense dadelik Jeffreysbaai.

Die dorp en die bekende hardewarewinkel is sedert 1984 so ineengeweef dat die een sonder die ander byna ondenkbaar is.

Wat die suksesvolle besigheid nog meer uniek maak, is dat dit steeds in privaatbesit is.

Sedert die stigter en eerste eienaar, Pfeifer van Onselen (alombekend as Ozzie), 35 jaar gelede die behoefte in die mark raakgesien en Ozzie’s in die lewe geroep het, was dit nie aan enige oorhoofse konsessiegroep (franchise) of groter besigheidsgroep gekoppel nie.

Juis dié eienskap het die handelsaak steeds in kontak met die publiek laat bly, omdat Jan Alleman se huis- en sakepro-bleme hulle naby die hart lê. Dit veroorsaak dat daar onmiddellik aandag aan klante gegee word en hulle nie hoef rond te soek vir personeelbystand of handelsware nie.

Francois Basson en sy vrou Alida is reeds 21 jaar by die die familiesaak betrokke en het op 1 Maart vanjaar die nuwe eienaars geword. Die diens en produkte bly onveranderd, en slegs die naam het na Ozzie’s Home Depot (Pty) Ltd verander.

Omdat hulle vir so lank die publiek se behoefte ken, is hul strewe om steeds dieselfde produkte en selfs meer beskikbaar te hê.

Soos die dorp gegroei het, het verskillende konsessiegroepe bygekom.

Ozzie’s se leuse bly egter steeds persoonlike en flink diens. ‘n Aangename inkopie-ervaring vir elkeen is vir hulle belangrik, asook die wete by klante dat hulle persoonlike behoeftes vir die eienaars en hul personeel eerste prioriteit is.

Hulle kan ook staatmaak op advies en installering van aluminiumprodukte, wat ‘n belangrike oorweging by die kus is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article