Noleen Fitchet.

Foto: Marcia Boyens

Noleen Fitchet (61) woon al vir die laaste 38 jaar in Humansdorp en is vanaf April 2023 ’n gepubliseerde skrywer.

Haar eerste boek, Hoop vir Kersfees, is gepubliseer in April vanjaar deur Malherbe Uitgewers en die tweede, Net een soos Ester, nou in Junie.

Met al die opwinding oor hierdie skrywer wat die Kouga in sy midde het, gaan Fitchet hierdie Saterdag, 15 Julie by Le Chameleon in Humansdorp ’n boekbekendstelling hou.

Ontmoet die skrywer en kuier saam vanaf 10:30 tot 12:30.

Lekker gesels en getekende boeke deur Fitchet word gewaarborg.

Behalwe dat die skrywer haar eie verkope doen, is albei haar boeke beskikbaar by Bargain Books asook aanlyn by Malherbe Uitgewers.

  • Vir meer inligting oor hoe om van Fitchet se werke in die hande te kry, kontak haar gerus op 071 162 1715.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article