Die tema vir vanjaar se KANSA Shavathon is “Be Colourfully Kind” en dit skop af met voldag-aktiwiteite op Saterdag 24 Februarie by geselekteerde winkelsentrums regoor Suid-Afrika en word voortgesit met afsonderlike geleenthede vanaf 26 Februarie tot 29 Maart by werksplekke, skole en organisasies.
Plaaslik gaan die Shavathon plaasvind by die Fountains Maill op 24 Februarie vanaf 09:00 tot 13:00.
Elijah Masubelele, KANSA se Hoof: Besigheidsontwikkeling, sê, “Alhoewel winkelsentrums ons van wonderlike platforms voorsien om elke jaar Shavathon-aktiwiteite te hou, vind ons ook dat afsonderlike geleenthede met maatskappye, skole en ander organisasies ’n betekenisvolle positiewe impak maak deur bewusmaking en fonds-insameling.”
Die jaarlikse Shavathon gryp altyd die verbeelding van die Suid-Afrikaanse publiek aan, wat elke jaar in groot getalle uitkom om deel te neem. Die dapperes skeer hulle hare af, terwyl ander hul hare met allerhande kleure laat spuit om hulle ondersteuning vir kankeroorwinnaars te wys.
Dan is daar ook diegene wie hulle hare reg-deur die jaar groei om dit op die dag te skenk sodat pruike gemaak kan word vir kankeroorwinnaars wat hulle hare tydens behandeling verloor het.
Diegene wie nie by die aktiwiteite kan uitkom nie het die opsie om aanlyn skenkings te maak.
“Die KANSA Shavathon gee die geleentheid vir organisasies om prettige aktiwiteite te hou wat spanbou en vrywilligerswerk aanmoedig terwyl dit ook die ernstige kanker-verwante boodskappe tuisbring,” sê Masubelele.
“Ons beklemtoon altyd dat kanker geen perke het nie; hetsy ras, kultuur, geslag of ouderdom, en dat vroeë opsporing die beste wapen is in die geveg om dit te oorkom. Shavathon is ’n lig-hartige geleentheid wat ons in staat stel om hierdie onderwerpe op ’n nie-bedreigende manier uit te brei.”
Die “Be Colourfully Kind”-tema be-klemtoon die behoefte vir mense om empatie en begrip te toon teenoor diegene wat deur hierdie gevreesde siekte geaffekteer word, terwyl ’n positiewe uitkyk behou word.
Die KANSA Shavathon is een van Suid-Afrika se gunsteling geleenthede en help deelnemers om solidariteit te wys teenoor diegene wat deur kanker geaffekteer word. Haarverlies is ’n algemene newe-effek van kankerbehandeling – so om jou hare af te skeer is ’n simboliese gebaar van ondersteuning vir kankeroorwinnaars. Diegene wat verkies om nie hul hare te skeer nie of dit nie op die dag kan doen nie, het ook die opsie om hulle hare te kleur of ’n ‘borgstaan-fooitjie’ te betaal. Persone wat aktief betrokke wil raak om ’n verskil te maak, kan ’n vrywilliger wees by Shavathon.
Hoe om vanjaar welwillendheid te wys
Skole en ander opvoedkundige instansies, maatskappye en organisasies is welkom om by KANSA te registreer en hul eie KANSA Shavathons tussen 26 Februarie en 29 Maart te hou. Die voordele van so ’n aktiwiteit sluit in ’n platform vir spanbou en die geleent-heid vir vrywilligerswerk, iets wat mense nie noodwendig het nie. Inligting oor kanker word ook sodoende versprei, insluitend hoe om dit te behandel, en natuurlik die belangrikste, hoe om die kankerrisiko te verlaag.
Organiseerders moet net die Shavathon webblad besoek of asnyders@cansa.org.za te kontak. Hulle sal dan die besonderhede kry oor hoe om die ge-leentheid en die fondse wat ingesamel word te hanteer.
Waarom word fondse ingesamel?
Die fondse wat deur die KANSA Shavathon ingesamel word, word vir opvoeding- en siftingstoets-inisiatiewe gebruik, asook sorg- en ondersteu-ningsdienste vir kankerpasiënte en hul geliefdes. Fondse word ook vir opwip-klinieke gebruik om kanker siftingstoetse en leefstyl risiko-assesserings te doen, en vir opvoedkundige kankerbewusmaking.
Laat jou hare skeer of spuit teen R50 vir volwassenes en R25 vir kinders onder 12 jaar.
Vir meer inligting oor die shavathon by Fountains Mall, kontak Marius de Vries op 041 373 5157.
– UITGEREIK DEUR KANSA




