Soos wat die Spekboom lewendsteunend is en koolstofdioksied snags deur ’n fotosintese proses omskakel in suurstof, so bied die Jeffreysrus Aftree-oord se versorgingseenheid 24/7 lewenssteunende dienste.
Daarom het hulle dit goed gedink om hul fees die Spekboomfees te noem.
Die program wat op Saterdag 26 Oktober om 08:00 afskop, sluit in ’n verskeidenheid van liplekker stalletjies wat verskeie kwaliteit produkte asook vars groente aanbied.
Daar is ook ’n wit olifant tafel vir diegene wat wil snuffel.
Om te kuier is daar ’n teetuin wat hoogstaande kwaliteit soet of sout sal bedien.
Die fees word gehou by die Jeffreysrus oord op die hoek van Koraal en Dolly Varden-strate is toegang is gratis.
Die fondse wat ingesamel word, is ten bate van die oord se versorgingsdienste.
Vir verdere inligting, skakel die oord op 042 293 2112.



