DIE Charlie Bondt vleuel van Jeffreysrus-aftreeoord spog met ’n splinternuwe, moderne hysbak om inwoners te help om veilig hul eenhede te bereik.
Inwoners van die Charlie Bondt- eenheid het die behoefte geïdentifi-seer om toegang tot hul tuiste te vergemaklik. Die vorige ingang met die steil loopvlak het dit soms moei-lik gemaak vir inwoners wat van rolstoelle en looprame gebruik maak om hulle woon-eenhede binne te gaan. Dit was veral ’n probleem wanneer hul met inkopiepakkies moes binne gaan.
Johan Smit het toe inisiatief ge-neem en die inwoners gehelp om ’n versoek aan die beheerraad van Jeffreysrus te rig, wat hul behoeftes uiteensit, sowel as ’n oplossing voorstel, in die vorm van hierdie moderne hyser. Hulle het aangebied om self daarvoor te betaal.
Die beheerraad, waarvan Ds. Charlie Bondt die voorsitter is, het toe die versoek spoedig goedgekeur en die toestel is in Desember 2020 geïnstalleer. Die beheerraad het ingestem om ’n gedeelte van die koste te dra, en die inwoners het die res bygedra.
“Die hyser is ultra-modern en gebruikersvriendelik, omdat die deur outomaties oopmaak, wat dit maklik maak vir mense met beperkte mobiliteit om te gebruik. Die deur gaan ook outomaties toe wanneer die gebruiker die knoppie aan die binnekant druk om na die boonste vloer te reis,” het Bondt verduidelik.
Paniekknoppies aan die binne-kant en outomatiese stop-funksie wanneer die gebruiker aan die muur raak, soos as iemand dalk sou omval, sorg vir veiligheid en ge-moedsrus.
Die inwoners van die Charlie Bondt-eenheid sal nog vir baie jare nut uit hierdie belegging put.



