Die Hoërskool Nico Malan is baie trots op hul eerste krieketspan. Foto: Tanja Bester


Die Hoërskool Nico Malan se eerste krieketspan het vanaf 12 tot 15 Januarie aan die Union krieketfees deelgeneemDie uitslae was soos volg:

T20 vs Stirling:

Nico Malan kolf eerste en teken 111/8 aan in 20 beurte.

Stirling teken die wenlopies aan met 8 balle oor. Stirling wen met 9 paaltjies. Goeie kolfwerk deur Jonathan Bester (37 lopies) en Joshua Swart (22 lopies).

50 beurt vs Marlow:

Marlow kolf eerste en word uitgeboul vir 84 lopies.

Nico Malan teken die wenlopies aan in die 18de beurt en wen met sewe paaltjies.

Goeie vertonings deur Jonathan Bester (39 lopies nie uit nie) asook JD van Zyl, DF Theron en Dawid Vermaak wat elkeen drie paaltjies neem.

Tyd krieket vs Queens College:

Nico Malan kolf eerste en teken 233/7 aan in hul toegelate 65 beurte. Queens College word uitgeboul vir 128 lopies.

Daar was nie genoeg tyd vir die tweede beurte nie so Nico Malan wen eerste beurt met 105 lopies.

Briljante kolfwerk deur Dawid Vermaak (67 lopies), Jonathan Bester (64 lopies) en JD van Zyl (62 lopies nie uit nie).

Jean Joubert boul baie goed en neem 4 paaltjies vir 17 lopies in 7 beurte.

T20 vs Milnerton:

Milnerton kolf eerste en teken 143/6 aan in hul 20 beurte. Nico Malan teken 119/5 aan. Milnerton wen met 24 lopies.

Dawid Vermaak kolf goed (27 lopies nie uit nie). Tjaart Steyn staan uit met die bal en neem drie paaltjies in sy vier beurte.

– BERIG VERSKAF DEUR NICO MALAN HOËRSKOOL

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article