JOUBERTINA-inwoners en besoekers kan egte gasvryheid by die NG Kerk in Twee Riviere, Joubertina se basaar op 9 Junie verwag.

Die geur van kaneel, vars brood, braaivleisvure, vetkoeke, kleurvolle poeding, tuisgemaakte kolwyntjies, koekies, gemmerbier en boeretroos gaan basaargangers lok.

Besoekers kan ook aan jaffles, worsbroodjies, kerrie en rys, afval en sosaties smul.

Alles van gebak tot groente en vrugte, asook lekkernye sal te koop wees. Aktiwiteite op die dag sluit skyfskiet en lekker kuier met vriende in.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article