JEFFREYSBAAI – Enigeen wat al ‘n reünie bygewoon het, sal weet dis ‘n geleentheid waar ou kennisse weer paaie kruis en stories uitgeruil word uit die skoolbanke.
Party is jy bly om weer te sien, en ander…maar so-so. Die veteraan akteur Frank Opperman vertolk vyftien verskillende karakters by die 1980 reünie. Met die minimum rekwisiete, en sy stem bring hy elke karakter tot lewe in ‘Reünie’.

Dis ‘n voortreflike eenmanstuk, geskryf deur Dana Snyman. Jeffreysbaai is bevoorreg om hierdie produksie, aangebied deur Jeffreysbaai Toerisme en “Teater by die See”, hier te kan beleef.
Dit sal op 21 Maart 2026 opgevoer word by die NG gemeente Jeffreysbaai–kompleks. Kaartjies is reeds te koop op Quicket teen R250 vir die eerste agt rye, en R200 vir die res.
Navrae kan by die Jeffreysbaai Toerisme-kantoor gedoen word deur 042 293 2923 of 064 966 9933 te skakel.





You must be logged in to post a comment.