DIE Milkwood-mark, plaaslike boeremark, sal vir die volgende ruk – tot verdere kennisgewing – elke tweede en laaste Saterdag van die maand oop wees van 08:00 tot 13:00.

Indien dit reën op die Saterdag wat die mark moet plaasvind, sal die mark net aangeskuif word na die volgende Saterdag.

Om inligting en opdaterings eerstehands te ontvang, volg die Facebook-blad, “Milkwood Market” waar alle kennisgewings en spesiale aanbiedings gepubliseer word.

Volgens die organiseerders bied die stalletjies ’n heerlike verskeidenheid kos, vars produkte, kunsitems en deli-produkte.

Die boomryke perseel waar die Milkwood-mark geleë is, het ’n pragtige dam en piekniekplekke waar mense kan sit, eet en ontspan terwyl hulle die natuur geniet.

Om by die mark te kom, ry verby Fountains Mall en hou dan net die markbordjies dop aan jou linkerkant tot op die grondpad. Van die grondpad af is dit net so 300m tot by jou bestemming. Die volgende mark is 13 Februarie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article