Margaretha Morgan se boek, ‘Renkie Die Merkwaardige Meermin, is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels, in swart en wit asook ’n baie spesiale kleur-uitgawe met pragtige illustrasies van die meerminne asook die wêreldkaart wat hulle volg op hul epiese reis.

Foto: Marcia Boyens

Margaretha Morgan se verbeelding, wêreldreise en liefde vir meerminne het gesorg vir die skep van Renkie die Merkwaardige Meermin, geïnspireer deur die wêreldberoemde meermin-standbeelde in Kopenhagen, Warskou en die Rynrivier.

Renkie wil weet hoe die wye wêreld daar buite lyk en durf haar reis aan na die warm waters van die suide. En wat ’n beter plek om te beland as Jeffreysbaai? Ná vele avonture en ’n paar skrikwekkende ervarings kom sy by haar bestemming aan. En wie weet? Dalk sal daar binnekort ’n standbeeld opgerig word vir haar op die rotse van die kus.

Morgan, wat tans gevestig is op Jeffreysbaai, het hierdie verhaal begin skryf in 2018 in Warskou en dit is in Desember 2022 gepubliseer terwyl sy in Ciprus gewoon het.

Die boek is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels, in swart en wit asook ’n baie spesiale kleur-uitgawe met pragtige illustrasies van die meerminne asook die wêreldkaart wat hulle volg op hul epiese reis.

Renkie die Merkwaardige Meermin is ’n feëverhaal vir oud en jonk. Met karakters soos die susters Sirenka, Serena en Kieren, en geliefde dolfynmaat Dolfries, sal dit enige leser bekoor. Dit is die skrywer se begeerte dat hierdie verhaal beide seuns en dogters sal vermaak, asook die wêrelde sal verbreed van die leser.

  • Die boek is beskikbaar om te koop op Takealot asook direk vanaf Margaretha Morgan, deur haar te kontak op 084 959 0598.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article