DIE Mentors JBay Krieketklub speel eersdaags hul eerste vriendskaplike ligawedstryde vir die seisoen.

Op Saterdag, 29 September kom hulle teen die Heatherbank Krieketklub te staan, terwyl hulle op Sondag, 30 September die Hankey Krieketklub die stryd aansê.

Nuwe spelers is welkom. Voorkeur by spankeuses sal gegee word aan spelers wat oefen.

Oefeninge vind op Dinsdae en Donderdae om 17:00 by Mentors Landgoed plaas.

Vir meer inligting, skakel Githe-Meret Koertzen by 082 556 8967.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article