Mej. Nartjiefees 2017 Tiffany Maclean (19) is onlangs as die SA Angels of Mercy Oos-Kaapwenner in haar ouderdomsgroep aangewys. Foto:KEVIN KRUGER


’n Skoonheid met ’n verskil . . .

Mej. Nartjiefees 2017 Tiffany Maclean (19) – ’n oudleerder van die Humansdorp Sekondêre Skool en tans ’n eerstejaarstudent in Gemeenskapsontwikkeling by die Hugenote Kollege in die Wellington – is onlangs as die SA Angels of Mercy Oos-Kaapwenner in haar ouderdomsgroep aangewys.

Dié kompetisie, wat vier jaar landswyd aangebied word, fokus op skoonheid met ’n doel: om ’n verskil in minderbevoorregte inwoners se lewens te maak; hetsy met kos of klere wat deur deelnemers ingesa-mel word.

Tiffany, wat die meeste klere vir die ge-leenthied ingesamel het, spog verder met die titel as Mees Fotogeniese-deelnemer, en is ook as die deelnemer met die Beste Uitrusting aangewys. Dié wenrok was deel van haar prys as Mej. Nartjiefees 2017. Antoinette Saayman van Antwané Designs in Jeffreysbaai het die rok spesiaal vir haar ontwerp en gemaak.

Die plaaslike skoonheid neem vandeesmaand aan die Miss Tutu Queen SA deel. In Oktober neem sy aan Miss Teen SA en Supreme Queen SA in Johannesburg deel.

Ander kompetisies waaraan sy vanjaar gaan meedoen, sluit in die Mej. Nelson Mandela Baai in November en Mej. Mzantsi Afrika in Desember.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article