Jeffreysbaai – Die talentvolle plaaslike skrywer, Louis Rautenbach, het pas sy sestiende boek vrygestel – ‘n historiese roman met die gepaste titel Spore van Hoop.

Hierdie indrukwekkende werk speel af tussen 1835 en 1840 en word reeds beskryf as een van die mees betekenisvolle bydraes tot die Afrikaanse geskiedskrywing oor die Voortrekkers in ‘n baie lang tyd.

“Spore van Hoop neem die leser op ‘n meesleurende reis vanaf die Oosgrens gebied van die ou Kaapkolonie, oor berge en dale, deur valleie, klowe en kranse – vanaf St. Francisbaai, Alexandria en Graaff-Reinet, tot by die Soutpansberge, Delagoabaai, en van Grahamstad uiteindelik oor die Drakensberge tot in Natal.

Die uitdagings van die pionierslewe word met groot feitelike noukeurigheid uitgebeeld,” beskryf Rautenbach sy jongste pennevrug.

Rautenbach, wat die afgelope 17 jaar op Jeffreysbaai woon, het met hierdie boek ‘n merkwaardige sprong van tema gemaak.

Sy twee vorige werke, ‘n Blom uit Pole/A Flower from Poland en Liefde in Konflik/With Love from Tekapo, het albei die Tweede Wêreldoorlog as agtergrond.

With Love from Tekapo het selfs internasionale aandag getrek toe Rautenbach briewe van waardering uit Nieu-Seeland ontvang het – insluitend een van die Eerste Minister en nog een van hul Minister van Kuns en Kultuur.

Hierdie boek het insig gegee in die geskiedenis van Nieu-Seeland voor, tydens en ná die tweede wêreldoorlog.

Die aandag is egter vir eers op Spore van Hoop. Met die dialoog in die verhaal, bring dit ‘n lewende vertelling wat die leser laat voel asof hy die Groot Trek meemaak.

Die waarde van hierdie boek vir die Suid-Afrikaanse kultuur kan nie oorbeklemtoon word nie, en word deur ‘n medewerker as ‘n diamant’ beskryf.

Hy het ook gehoor: “Jy het ‘n wenner hier!”

Die bekendstelling van Spore van Hoop sal gedurende Augustus in die Fountains Mall in Jeffreysbaai plaasvind met die kans om met die skrywer persoonlik te gesels en ‘n getekende kopie van die boek aan te skaf.

Behalwe vir skryfkuns, hou Rautenbach homself andersins besig in die eiendomsmark deur huis verkope en waardasies.

Erkenning

Dertien van sy boeke is in Engels en sommige in Nederlands vertaal wat aanleiding gegee het tot ‘n groot eer en erkenning vir sy literêre bydraes toe die Trinity Universiteit in Londen (UK) die D.Litt. (Honoris Causa) aan hom toegeken het.

Hierdie Doctor of Literature word in September 2025 tydens ‘n gradeplegtigheid aan hom oorhandig.

Belangstellendes word hartlik uitgenooi om meer besonderhede by Rautenbach oor sy boeke aan te vra, of bestellings vir die boek Spore van Hoop te plaas: loraut@gmail.com.

'n Boekadvertensie.
dummy text
'n Boekomslag.
‘Spore van Hoop’ is ‘n roman wat tussen 1835 en 1840 afspeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article