Die groepe vroue het deur die loop van die jaar aan ’n insamelingsprojek deelgeneem ten bate van The Ladies Lighthouse, DBV en KANSA. Hier is Alton Madolwana, Carla Smit, Helona Barnard, Marie Louw, Ashley Horak en Gerhard Fouché.

Foto: Marcia Boyens

Jeffreysbaai is ’n dorp wat spog met twee organisasies wat al jare deel is van die gemeenskap en wat nie net lig bring aan die vrouens van die area nie, maar wat ook deel maak van liefdadigheidsprojekte.

Marie Louw, stigter van die Happy Feet Line Dancers asook die Gym Divas, het 14 jaar gelede kom aftree op Jeffreysbaai.

Sy is ’n gekwalifiseerde fiksheidsafrigter vir senior dames. “Ek het al my eksamens geslaag toe ek 34 jaar oud was en is oor twee maande 69 en oefen nog steeds.”

Ongeveer 10 jaar gelede het sy begin met die dansgroep. Sy het haar kwalifikasie gekry deur die United Kingdom Dance Council as ’n dans-onderwyser.

Met die hulp van projekleier Helona Barnard, wat aan die hoof staan van die liefdadigheidswerk, het hierdie groepe vrouens deur die loop van die jaar aan ’n insamelingprojek deelgeneem ten bate van The Ladies Lighthouse, DBV (Dierebe-skermingsvereniging) en KANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika).

“The Ladies Lighthouse het nou 133 kinders en 66 enkelmammas waarvoor ons sorg. Helona, Marie en hul dansers en oefengroep het gesorg dat elke kind lekkers, koekies, koeldrank en ’n sagte speelding vir Kersfees kry. Ons is ontsettend dankbaar vir hul liefde en omgee,” sê Carla Smit van The Ladies Lighthouse.

Om die jaar af te sluit en om hul oorhandiging te doen het die Happy Feet line dancers en Gym Divas ’n Kers-afsluiting en opvoering gehou. Dit is ’n groot geleentheid waar elkeen ’n geskenk ontvang, tafels word mooi opgemaak en daar word fees gevier. Die organisasies het Fountains Mall Jeffreys Bay en Gabriel Jewelers bedank vir hul ondersteuning.

Om die jaar af te sluit en om hul oorhandiging te doen het die Happy Feet line dancers en Gym Divas ’n Kers-afsluiting en opvoering gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article