JEFFREYSBAAI – Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse landskapsontwerper en botanis, Leon Kluge, besoek Jeffreysbaai op 3 Maart 2026.
Leon, verskeie kere die goue medaljewenner van die Chelsea-blommeskou, asook die wenner van vele ander internasionale blommeskoue, kom spreek natuur- en omgewingsliefhebbers toe op uitnodiging van die Jeffreysbaai Tuinbouklub.
Tanya Visser, redakteur van Die Tuinier, skryf dat Leon ‘n kreatiewe genie is en dat sy ontwerpe tegnies uitdagend, ongelooflik ingewikkeld en veral uniek is.

Belangstellendes word uitgenooi na “Op reis na die Chelsea-blommeskou, in woord en beeld, saam met Leon Kluge”.
Die aanbieding vind in die N.G. Kerk Kompleks-Kampus plaas. Luisteraars kan reeds vanaf 17:00 kom saamkuier met musiek en iets te drinke.
Canapés, foto’s en gesellige samesyn volg na afloop van die aanbieding.
Skakel Terésa by 082 332 2650 vir verdere inligting.






You must be logged in to post a comment.