NA 17 jaar spog die gewilde Tekoma-kunsmark steeds met puik gehalte handgemaakte kunsvlyt – by dieselfde plek.
Dié mark, op die hoek van Da Gama-weg en Tekomastraat in Jeffreysbaai, is in Junie 2001 deur Suzette du Rand op die been gebring. Sy was die organiseerder van die mark tot 2006., wat sedert- dien deur ’n komitee bestuur word.
’n Groot verskeidenheid artikels en handwerk deur oud en jonk is te koop: oorspronklike skilderye, magnete, vetplante, houtwerk, naaldwerk, breiwerk, heuning, en skulp- en kralewerk.
Die Tekoma-kunsmark vind die eerste Saterdag van elke maand vanaf 09:00 plaas.




