Die Kruisfontein Primêre Skool se rugby afrigters en spelers het hierdie jaar baie hoogtepunte opgelewer op skoolvlak, sonevlak, in die distrik sowel as provinsiaal.
Op sonevlak het hulle sewe van hul nege wedstryde gewen, een wedstryd gelykop ge-speel en slegs een verloor.
Die skool is opreg dankbaar teenoor veral Jerome de Lange, ’n ouer, wat sy tyd opgeoffer het om te help met afrigting van die rugbyspelers.
Spelers in die Kouga se sone-span:
- Layton Oliphant – neem deel in Graaff-Reinet aan EPPSRA 12 jaar sub-unie toernooi
- Keanu Human – neem deel in Graaff-Reinet aan EPPSRA 12 jaar sub-unie toernooi
- Sintino Blaauw – neem deel in Kareedouw aan EPPSRA sub-unie toernooi
- Reagan Speelman – neem deel in Karee-douw aan EPPSRA sub-unie toernooi
- Adriaan Didloft – neem deel in Kareedouw aan EPPSRA sub-unie toernooi
- Christiano Goeda – neem deel in Karee-douw aan EPPSRA sub-unie toernooi.
Spelers wat OP-kleure behaal het:
- Cee-Jay de Lange – behaal 12 jaar OP-span. Hy het van 29 September tot 1 Oktober deelge-neem aan die Southern Regional Tournament in Riversdal. Hul span het al drie hul wedstryde gewen.
- Liam Nolly – behaal 13 jaar OP 7’s span. Liam het van 29 September tot 1 Oktober deelgeneem aan die National 7s Tournament in Bloemfontein.
– VERSKAF: KRUISFONTEIN PRIMÊR





