Kouga Sages het op 13 en 14 Mei die jaarlikse Vyfhoekige Gholftoernooi op St. Francisbaai aangebied. Sestig spelers van vyf Sages-streke in the Suid- en Oos-Kaap het om die wentrofee meegeding. Spelers van die Suid-Kaap streek het met ’n gemiddeld van 60,11 punte as oorwinnaars uit die stryd getree, gevolg deur die Oostelike Provinsie (57,4 punte) en Outoniqua (56 punte). Kouga (55,2 punte) en Grens (53,7 punte) het onderskeidelik vierde en vyfde geëindig. David Roberts (Suid-Kaap) ontvang the wentrofee van George Lawrie (Kouga). Foto:VERSKAF
Kouga hou suksesvolle toernooi
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.