KOOP vetplante, kry of deel raad, vang vis en hou heerlik piekniek – als terwyl die lemoenbome bloei.
DeMist Cottages and River Camp in Patensie bied op Saterdag, 20 Oktober vanaf 10:00 tot 16:00 ’n vetplantdag ter viering van Nasionale Vetplantdag op 21 Oktober aan.
’n Groot verskeidenheid vetplante en aalwyne sal te koop wees, terwyl plantkenners hul kennis met besoekers sal deel. Laasgenoemde kan ook hul raad met ander deel.
Heerlike verversings sal te koop wees.
Terwyl jy daar is, vang vis en geniet ’n heerlike piekniek op die rivieroewer.
Vandaar kan jy padvat na die Kouga-dam en kyk hoeveel water die dam die afgelope paar weke gekry het.
Vind hulle op Google Maps of volg die pad vir 15km vanaf Tolbos in die rigting van die Baviaanskloof.
Toegang is gratis.
Vir meer inligting, skakel Jansie Both by 076 843 0760 of Gerda Swart by 082 560 3635.


