Van links is, Charl Oosthuizen (skeidsregter van die toernooi), JC Ellis (seun van Christian Ellis), Marius Ferreira (eienaar van Je’Vista Social Café waar die prysuitdeling gehou is) en Christo Botha (organiseerder van die toernooi). foto: FACEBOOK


DIE USN JBay Beach Touchies-toernooi wat op 26 Desember in Jeffreysbaai gehou is, was ’n reuse sukses met 44 spanne wat vanoor die hele Suid-Afrika gekom het om deel te neem.

Die toernooi is gehou onder leiding van Christo “1Touch” Botha,wat touchies vir die afgelope 30 jaar al speel. Botha is ’n Jeffreysbaai-touchies legende wat vanaf 2001 tot 2009 aan die Rapport JBay Touchies deelgeneem het vir die onoorwonne Bulldogs touch-rugby-span.

Die toernooi het twee afdelings gehad, naamlik die Christian Ellis Pro-Liga en die Sosiale Liga. “Die pro-liga is vernoem na ons geliefde skeidsregter, Christian Ellis, wat in 2020 oorlede is aan COVID-19, so ons het op hierdie wyse aan hom hulde gebring,” het Botha gesê.

Die Christian Ellis Pro-Liga is deur Amazing Galaxy Warriors 1 van Kaapstad gewen met Coastal Touchies Stormers van Jeffreysbaai in die tweede plek.

Die Sosial Liga wenners was Amazing Galaxy Warriors 2 van Kaapstad met Wacky Waterpark van Jeffreybaai in die twee plek.

Die “Verloorders-liga” is deur The Maniacs van Gqeberha gewen met Little Warriors van Gqeberha in die twee plek.

Volgens Botha is geskiedenis ook gemaak met de eerste volle vroue-span, die Metrofibre Try Babies van Gqeberha, wat deelgeneem het.

Die Christian Ellis Pro-Liga is deur Amazing Galaxy Warriors 1 van Kaapstad gewen met Coastal Touchies Stormers van Jeffreysbaai in die tweede plek.

Die Sosial Liga wenners was Amazing Galaxy Warriors 2 van Kaapstad met Wacky Waterpark van Jeffreybaai in die twee plek.

Die “Verloorders-liga” is deur The Maniacs van Port Elizabeth gewen met Little Warriors van Port Elizabeth in die twee plek.

Volgens Botha is geskiedenis ook gemaak met de eerste volle vroue-span, die Metrofibre Try Babies van Port Elizabeth, wat deelgeneem het.

Dit is die derde USN JBay Touchies wat gehou is.

Verlede jaar se toernooi is afgestel weens COVID-19.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article