DIE NG Gemeente Jeffreysbaai bied op 1 Junie sy jaarlikse basaar aan. Dit staan as die C-Fees bekend en vind plaas vanaf 08:00 by die gemeente se Kompleks-kampus, Olienhoutstraat 3, Wavecrest.
Die inkomste wat hieruit gemaak word, maak dit vir die gemeente moontlik om sy verskeie gemeentebedieninge voort te sit en ’n bydrae tot die gemeenskap te lewer.
Dit bied ’n unieke kans vir gemeentelede om vooraf gesellig saam te werk en verskeie items en produkte te maak wat tydens die C-Fees te koop aangebied sal word. Enige iemand van die publiek kan die fees bywoon om die gemeente te ondersteun.
Die volgende items sal by die onderskeie stalletjies te koop aangebied word: jaffels, pannekoek, kerrie-en-rys, vetkoek, verskeie gebak, handwerk-geskenkartikels, basaarpoeding, braaivleis, topgehalte vars vleis en kies-en-vries. Daar sal ook items vir die blomtuin, ’n deli en ’n teetuin wees, asook ’n speel-area vir kinders met heelwat prettige vermaak.




