Gerd Seegers (82) van Jeffreysbaai het ongeveer tien jaar terug sy hand vir die eerste keer aan ’n kwas gewaag – met uitstekende resultate. INLAS: Gerd Seegers het die moets en moenies by ’n kenner geleer, maar hy het al die ‘moenies’ gedoen. Die gevolg is verskeie doeke met olifante in die fynste besonderhede, ’n helder strelitzia een ’n oopbek sebra. Foto’s:MARINDA VISSER-HOUGH


OP 82 staan sy hande vir niks verkeerd nie.

Die beskeie Gerd Seegers is ’n man van vele talente – konstruksie, planne optrek, bakstene vervaardig . . . en skilder.

Ongeveer tien jaar terug het hy sy hand vir die eerste keer aan ’n kwas gewaag – met uitstekende resultate. Van die skilderye pryk op sy huis se mure, en ander is in ’n kamer uitgepak wat op Noorsekloof uitloop.

“Ek wou nog altyd skilder, en het maar net klein prentjies geteken,” vertel Seegers. Tot hy daad by gedagte gevoeg het.

In Smithsfield het hy die moets en moenies by ’n kenner geleer, maar hy het haar altyd “kwaadgemaak want ek het al die ‘moenies’ gedoen.”

Die gevolg is verskeie doeke met olifante in die fynste besonderhede, ’n helder strelitzia een ’n oopbek sebra.

Gerd Seegers het die moets en moenies by ’n kenner geleer, maar hy het al die ‘moenies’ gedoen. Die gevolg is verskeie doeke met olifante in die fynste besonderhede, ’n helder strelitzia een ’n oopbek sebra. Foto: MARINDA VISSER-HOUGH

Konstruksie

Hy het sy huis op die kloof in Wavecrest gebou.

Sy buurvrou, Maretha Rossouw, spog met Gerd se werk: “Hy het al die loodgieter-werk, als gedoen. Kyk na sy tuin. Die fisante is hier in sy tuin vanmore.” Sy maan hom om al sy skilderwerk “wat hy in die hangkas wegge-steek het”, vir my te wys.

“Ek het nie geweet dit is so duur om hier te bou nie. En al die moderne re-gulasies slaan mens hok,” praat Seegers oor sy huis op die dorp wat hy bykans twee jaar terug gebou het.

Hy het in konstruksie gewerk nadat hy drie jaar in Duitsland die ambag geleer het. In ’n stadium het hy ’n plasie gekoop en onder meer klei gevind. Hy het bakstene vervaardig; daar was stewige masjiene by betrokke. Dan het hy planne opgetrek en gebou in Warmbad. Travalgar in Natal het gevolg met nog konstruksie.

Hy en sy oorlede vrou, Anna, het eers na tien jaar hul eerste kind gehad. Sy seun, Beren, woon in Durban en het ’n dogter en seuntjie. Seegers se dogter, Rene, en man, Quintin Kruger, was vroeër met YWAM betrokke, en woon op Jeffreysbaai. Seegers praat met groot deernis van wyle Anna.

Gerd Seegers wou nog altyd skilder. Foto: MARINDA VISSER-HOUGH

Van Duitsland

Seegers sê: “Ek is in Boksburg gebore, maar my pa het as jongman van Duitsland na Luderitz in Namibië gekom. Vandaar is hy na die myne by Boksburg. My pa het my ma van Duitsland ingebring. Dus was ons huistaal Duits.”

Die skildery van ’n Himba uit Namibië vertel van nou bande met die buurland. Buurvrou Rossouw is gretig om hom te help om sy pragstukke vir ’n inkomste te verkoop.

Skakel Rossouw by 0837778980 of Seegers by 0832939478 vir meer inligting oor sy kunswerke.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article