MOTORGEESDRIFTIGES kan eersdaags hul “rubber-tekkies” regskud vir ’n blink en raserige skou in top-versnelling.

Of jy ’n petrolkop of adrenalien-verslaafde is, of nie – kry jouself in rat, sit voet in die hoek en laat wiel na Jeffreysbaai vir die Jeffreysbaai Klassieke Karklub se jaarlikse motorskou – Keith’s Piekniek ter ere van die wyle Keith Marsh.

Gordel jouself vas vir ’n tasbare reis deur die motor-geskiedenis van die land, ervaar die legendariese baanbrekers en laat die kragtige motors van toeka-se-dae tot nou brul.

Die motorskou vind op 14 April vanaf 10:00 tot 14:00 by die Supertubes braai-area in Jeffreysbaai plaas. Braaivleisvure sal verskaf word.

Toegang is gratis. Skakel Johnny Vee by 082 780 6553.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article