Een van Suid-Afrika se gewildste sangers, Juanita du Plessis, tree op 27 Desember vir net een vertoning by Mentors Country Estate in Jeffreysbaai op.

Sy sal van haar gewilde treffers asook nuwe liedjies sing. Die deure open om 18:00 en die konsert begin om 19:30. Goue-sirkel- kaartjies moet bespreek word en kos R170 elk. Kaartjies vir ongereserveerde sitplekke kan bespreek word en is ook by die deur beskikbaar teen R150 elk, terwyl diegene jonger as 16 se kaartjies R100 elk kos.

Hoe om jou sitplek te bespreek:

  • Goue sirkel: Bespreek jou sitplek per e-pos en stuur bewys van betaling (jy sal jou kaartjie by die deur ontvang) of bespreek en kry jou kaartjie by Mentorskraal se ontvangs.
  • Ongereserveerde sitplekke: Bespreek jou sitplek per e-pos en stuur bewys van beta-ling (jy sal jou kaartjie by die deur ontvang) of bespreek en kry jou kaartjie by Mentors-kraal se ontvangs. Neem asb kennis dat hierdie sitplekke op ’n “first come first serve” basis is.
  • Onder 16: Bespreek jou sitplek per e-pos en stuur bewys van betaling (jy sal jou kaartjie by die deur ontvang) of bespreek en kry jou kaartjie by Mentorskraal se ontvangs. Neem asb kennis dat hierdie sitplekke op ’n “first come first serve” basis is.

Vir meer inligting of besprekings skakel 042 293 1142 of 083 390 1180 of stuur ’n e-pos na info@mentorskraal.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article