Picture for illustration purposes.

Photo: Pixabay

Soos wat die spekboom lewensteunend is en koolstofdioksied snags deur ’n fotosintese proses omskakel in suurstof, so bied die Jeffreysrus Aftree-oord se versorgingseenheid lewensteunende dienste. Daarom het hulle dit goedgedink om hul fees die Spekboomfees te noem.

Die gemeenskap word genooi om die Jeffreysrus aftree-oord se fees op 28 Oktober te ondersteun.

Die program, wat op Saterdag 28 Oktober om 08:00 afskop, sluit in Oos-Kaap kunstenaars Kobus en Karla Gouws, die plaaslike klassieke motor manne wat hul motors vertoon, en ’n verskeidenheid van liplekker stalletjies wat verskeie kwaliteitprodukte asook vars vleis en groente aanbied. Daar is ook ’n witolifanttafel vir diegene wat wil snuffel.

Om te kuier sal daar ’n teetuin wees wat hoogstaande kwaliteit soet en sout sal bedien.

Pabala Private Nature Reserve borg ook ’n wegbreeknaweek vir ’n gelukkige kaartjiehouer. Kaartjies is beskikbaar by Jeffreysrusoord teen R50 elk. Die pakket is vir vier persone. Verkope van kaartjies sluit die dag van die fees.

Die fees word gehou by Jeffreysrus oord op die hoek van Koraal- en Dolly Vardenstraat en die fondse wat ingesamel word, is ten bate van die oord se versorgingsdienste.

  • Vir meer inligting skakel 042 293 2112.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article